Johan Bakkes stel nuwe Boek by Du Toitskloof-wynkelder bekend
published on:

Johan Bakkes, een van die voorste reisverhaal-skrywers in Afrikaans, pak op 6 Mei die pad na Rawsonville aan om sy jongste boek, Openbaring, aan die publiek by Du Toitskloof-wynkelder bekend te stel.

Hierdie geliefde skrywer is ’n ewe bedrewe geselser en storie-verteller, en Johan se gehoor trakteer met ’n gesprek oor die nuwe boek, sy lewe as reisiger en die lewe as skrywer.

Openbaring handel, onder meer, oor Johan en sy mede-reisigers se soeke na die koudste én warmste bewoonde plekke op aarde, en vir interessantshalwe het Rawsonville nie die kortlys gehaal nie.....

Die geleentheid vind plaas op Vrydag 6 Mei in die Melissa’s Restaurant by Du Toitskloof. Hierdie gesellige aand sluit in ’n maaltyd, Du Toitskloof se bekroonde wyne asook die geleentheid om jou eksemplaar van Openbaring te bekom, persoonlik deur Johan geteken.

Bywoning kos R100 en sluit in ’n voorgereg van sop, ’n lekker bord boontjiebrede, een glas Du Toitskloof-wyn en koffie. Wyn en boeke sal te koop wees. Die geleentheid begin 18:30 vir 19:00.

Plekke is beperk, en kaartjies kan by Elrista bespreek word, e-pos reception@dutoitskloof.co.za of by +27.233491601.

Du Toitskloof en Johan Bakkes sien daarna uit om julle te verwelkom by wat beloof om ’n unieke aand te wees.


Bottom Border
Tel: +27.233491601   Fax: +27.233491581   Email: info@dutoitskloof.co.za  
P.O. Box 55, Rawsonville, 6845, South Africa