Best short story in SU Woordfees 2017 compilation to receive R30 000
published on:

The SU Woordfees’ very successful first short story compilation, which was presented at the 2016 Woordfees, will have even more punch in 2017 when the writer of the best short story wins R30 000.

Du Toitskloof Wines, who will be joining forces with the SU Woordfees for this initiative, is the proud sponsor of the prize money.

With this new phase the image of the short story, as ‘little sister of the novel’, will hopefully be changed, says Madri Victor, coordinator of the project. “The focus will, as ever, be on stories of high quality. The 2017 anthology will definitely be something to look forward to – for writers and readers.”

On the involvement of Du Toitskloof Wines the executive, Marius Louw, says the competition is a natural result of the cellar’s SA Wine Writers Competition which originated in 2013. “Over the last few years Du Toitskloof Wines have been working with the SU Woordfees in various capacities.” He says the idea to help the SU Woordfees to identify shining new Afrikaans short stories gives an extra dimension to the wine industry’s involvement with literature and culture.

Another change is that people who haven’t been published before, are also allowed to enter. “We want to find fresh, new voices and invite the unpolished writers to also participate,” Victor explains.

Writers interested in the competition or who would like to enter, can visit www.woordfees.co.za or www.dutoitskloof.co.za and follow the links. E-mail with enquiries can be sent to Olivia Wallow at fees@sun.ac.za. Writers who will be included in the next anthology will be notified early in 2017. The winning short story will only be announced at the launch of the book, which will be held during US Woordfees 2017, from 3-12 March.

The closing date for entries is 31 October 2016 at 16:00.

For more information, or to request an interview, contact Frieda le Roux at the Woordfees office: +27.82 742 4156 or friedaleroux@sun.ac.za. The SU Woordfees will be held in Stellenbosch from 3-12 March 2017. The programme launch is in November of this year.

 

Wenverhaal in US Woordfeesbundel 2017 kry R30 000

Die US Woordfees se baie suksesvolle eerste kortverhaalbundel, wat in 2016 tydens die Woordfees bekend gestel is, sal in 2017 selfs meer skop hê wanneer die skrywer van die wenverhaal wat in die bundel opgeneem word, R30 000 losslaan.

Du Toitskloof Wyne, wat kragte met die US Woordfees saamsnoer in hierdie inisiatief, is die trotste borg van die prysgeld.

Hierdie nuwe fase hoop om die beeld van die kortverhaal, as ‘kleinsus van die roman’, reg te stel, sê Madri Victor, koördineerder van die projek. “Die fokus bly, soos altyd, op verhale van hoë gehalte. Die 2017-bundel gaan beslis iets wees om na uit te sien – vir skrywers en lesers.”

Oor Du Toitskloof Wyne se betrokkenheid sê Marius Louw, uitvoerende hoof, die kompetisie is ’n uitvloeisel van die wynkelder se SA Wynskrywer-kompetisie wat sedert 2013 gehou word. “Du Toitskloof Wyne het die afgelope paar jaar in verskeie hoedanighede nou saamgewerk met die US Woordfees.” Hy sê die idee om die US Woordfees te help om blinknuwe Afrikaanse kortverhale te soek verleen ’n nuwe dimensie aan die wynbedryf se betrokkenheid by die letterkunde en kultuur.

Nog ‘n verandering is dat persone wat nog nie voorheen gepubliseer het nie, ook vanjaar mag deelneem. “Ons wil ook graag vars, nuwe stemme ontdek en nooi dus ongepubliseerde skrywers om ook in te skryf,” verduidelik Victor.

Diegene wat belangstel om meer oor die kompetisie te wete te kom of wat wil inskryf, kan gaan na www.woordfees.co.za of www.dutoitskloof.co.za en volg dan die skakels. E-pos met navrae kan ook gestuur word aan Olivia Wallow by fees@sun.ac.za. Skrywers wie se verhale in die bundel opgeneem gaan word, sal vroeg in 2017 in kennis gestel word. Die wenverhaal word eers tydens die bekendstelling van die bundel, ten tyde van die Woordfees van 3-12 Maart 2017, aangekondig.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is 31 Oktober 2016 om 16:00

Vir meer inligting of om ’n onderhoud te reël, kontak vir Frieda le Roux by die Woordfees-kantoor by +27.82 742 4156 or friedaleroux@sun.ac.za. Die US Woordfees word van 3-12 Maart 2017 in Stellenbosch aangebied. Die feesprogram word in November bekend gemaak.


Bottom Border
Tel: +27.233491601   Fax: +27.233491581   Email: info@dutoitskloof.co.za  
P.O. Box 55, Rawsonville, 6845, South Africa